Blog Latest News January 8, 2017Die kort antwoord is: Ja, jy mág ’n inbreker in jou huis skiet en selfs doodskiet. MAAR met dié antwoord saam kom ’n norring regsreëls en regsbeginsels wat ook weer in ’n paar woorde saamgevat kan word: wederregtelikheid en die redelike mens. Prof. Tom Coetzee van Potchefstroom, wat sy doktorsgraad in strafreg verwerf het en lank as streeklanddros waargeneem het, stel dit só: “As ’n lid van die publiek bewus word van ’n inbreker in sy huis, of dit nou in die dag of die nag is, en so ’n inbreker betrap, wéét hy mos dat daardie inbreker nie daar is om ’n koppie koffie te kom drink nie. “Dit help jou niks om na die inbreker toe te stap nie en vir hom te sê: ‘Hallo, my naam is Tom Coetzee. Waarmee kan ek help? O, jy breek in? Nou beplan jy om my of my vrou of my kinders te beseer of te vermoor of te verkrag? Indien dit die geval is, wys my asseblief net gou eers jou wapen sodat ek ’n soortgelyke wapen kan gaan haal om myself mee te verdedig.’ “Teen daardie tyd is die huisbewoner natuurlik lankal ’n lyk. In ’n land soos Suid-Afrika, waar die howe geregtelik kennis kan neem van die geweldige aantal inbrake in die land waarvan die meeste met baie ernstige geweld gepaardgaan, sal die redelike mens se eerste gedagte wees dat hy homself, sy vrou en sy kinders moet beskerm teen ’n moontlike gewelddadige aanval. “Onthou dat wat ook al die huiseienaar besluit, hy letterlik breukdele van sekondes het om te besluit of hy gaan skiet of nie. Hy het nie die voordeel van regters en aanklaers wat later in gemakstoele by hul lessenaars rustig die feite kan oorweeg om te besluit of hy billik opgetree het deur die inbreker te skiet nie. “Dis in die meeste gevalle letterlik ’n geval van dis jy of ek. Dit is waar die geykte regsreël inkom van die redelike-mens-toets. Die redelike mens sal in sulke omstandighede nie huiwer om sy eie lewe, sy gesin se lewens en sy eiendom teen die inbreker te beskerm nie. “As die huiseienaar ’n vuurwapen by hom het, is daar net een manier om die inbreker te stuit: Skiet hom! Dit maak nie saak of die inbreker ’n wapen van watter aard ook al by hom het nie. “Daar kan nie van die redelike mens verwag word om die inbreker eers te vra watter wapen hy by hom het nie. “Dit is redelik dat die huiseienaar onmiddellik skiet, al is dit ’n doodskoot. Van moord op die inbreker is daar in sulke omstandighede geen sprake nie, want die huisbewoner se handeling was nie wederregtelik nie. “Hy het nie geskiet omdat hy keelvol is vir misdaad nie, hy het geskiet omdat hy wettig sy lewe en dié van sy gesin en sy eiendom wou beskerm.” Die strafregkenner prof. Callie Snyman, voorheen van Unisa, stel dit in sy gesaghebbende boek Strafreg – wat in regskringe bekend staan as aanklaers