Zello Reaction Channel

Voetganger sterf in kruisvuur tussen rowers en Polisie

By Hannes du Buisson 3 years ago
Home  /  Blog  /  Voetganger sterf in kruisvuur tussen rowers en Polisie

‘n Vrou is Maandagoggend in die Moot doodgeskiet nadat ‘n drankwinkeleienaar beroof en gewond is. Hy was in sy voertuig op pad bank toe, toe twee mans hom by sy voertuig oorval.

“Een van die gewapende mans het die eienaar in die arm geskiet en met ‘n onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.”

Die polisie het die wegkomvoertuig, ‘n silwer Honda Ballade Reg BF29NMGP, met die vier gewapende insittendes agterna gesit.

‘n Skietery het tussen die polisie en die rowers op die hoek van Fred Nicholsonstraat en Smook Laan uitgebreek en ‘n voetganger is vermoedelik in die kruisvuur raakgeskiet.

Die 40-jarige vrou is op die toneel dood.

Aanvanklik is gemeen dat dit n skoolkind is wat doogeskiet is.

Gemeenskapslede het so op Facebook gereageer:

Categories:
  BlogLatest News
this post was shared 0 times
 000
About

 Hannes du Buisson

  (226 articles)