Zello Reaction Channel

WAARSKUWING: Natuurramp, Modimolle

By Hannes du Buisson 3 years ago
Home  /  Latest News  /  WAARSKUWING: Natuurramp, Modimolle

WAARSKUWING: Die natuurramp op Modimolle, waar ’n trok met suur die naweek op die dorp omgeval het, is vermoedelik baie erger as wat aanvanklik gedink is. Van die suur het in die dorpsdam se uitloop (voor Mr Munchies) beland en is nou in die Nylrivier. Daar word ’n dringende waarskuwing uitgereik dat mense glad nie naby die water moet kom nie. Boere moet ook glad nie die water gebruik vir besproeiing of hul diere daarvan laat drink nie. Daar lê na wat verneem word reeds honderde dooie visse in die water. Verskeie kenners is reeds op die toneel, en ander is op pad soontoe. Versprei asseblief hierdie boodskap.

Volgens Johann Abrie, DA raadslid was “‘n ou verwaarloosde tanker van Isando in Johannesburg oppad na Zimbabwe met 28 000 liter sulphuric acid (swaelsuur) – H2SO4 . Die besigheid het omgeslaan in Nylstroom se hoofstraat. Die munisipalitiet het dit bloot in die rivier in gespoel. Ons het vanoggend die Direkteur Generaal van Water & Sanitasie laat weet. Toe eers het die optrede begin. Ons gaan kriminele klagtes indien teen die Waterberg Distrik Munisipalitieit en die Modimolle Munisipalitiet. Derduisende visse het reeds gevrek en dryf in die water. Die saad maatskappye het vir die boere gese om onmiddelik op te hou met besproeing. Die pH vlakke stroom af is rampspoedig.”

Die suur het in die Dorpsdam se uitloop (maw nie in die dam nie) wat uitvloei in die Nylrivier wat uiteindelik deur die Springbokvlakte en Nylsvley vloei in ‘n noordwaartse tog beland.  Die Nyl-vloedvlakte en Nylsvley in besonder is ‘n bewaringsgebied. Naboomspruit se dorpswater word vanuit hierdie vloedvlakte gepomp…. sou die suur dus na ondergrondse water deursyfer kan dit die drinkwater beïnvloed.

Grootste skade sal sekerlik voëls, diere en informele nedersettings wees.

Volgens n inwoner Pine Pienaar  het hy persoonlik gesien hoe die brandweer water  gebruik om dit (die suur) in die rivier in te was.

Piet Du Plessis van Pietersburg se daar is verskeie kundiges in Limpopo wat so n geval reg kon hanteer. “Hazmat tegnikuste is opgelei by verskeie Brandweer stasies. Onder andere by ons in Pietersburg ook. Maar nee hulle sal hul eie kop volg want hulle weet nie waarvoor die simbole en naam van produk is nie. Dit lyk soos water so kom ons spuit dit in die water in.”

Category:
  Latest News
this post was shared 0 times
 000
About

 Hannes du Buisson

  (226 articles)